VIA_NOV
Het jy gehoor?

Gunstelinge – en binnekort ook een nuwe reeks op VIA

In November bring VIA (DStv-kanaal 147) een nuwe werklikheidsprogram en vyf gunstelinge terug vir dié vars leefstylkanaal se groeiende aantal kykers.

Ons kan nie meer wag vir Hilde se hartsklanke nie – dis die vars VIA-reeks wat op Woensdag 23 November begin. Die sepiester Hildegardt Whites het een hartsbegeerte: Sy wil sing. In dié program gaan soek sy die klanke vir die musiek van haar eerste album in die plekke wat na aan haar hart lê, soos die Weskus en die Noord-Kaap. Binne 30 dae skep sy en haar reisgenote (wat die regisseur Jody Abrahams en haar man, Kuba Silkiewicz, insluit) die album saam met karaktervolle plaaslike musikante. Die reeks word met trots geborg deur Noord-Kaap-toerisme, die Wes-Kaapse Departement van Kultuursake en Sport en die webtuiste Afrikaans.com, waar die program se musiekvideo elke week eksklusief te sien sal wees.

FOTO SJ van Zyl  GRIMERING Kohl

FOTO SJ van Zyl
GRIMERING Kohl

Nuwe episodes word elke Woensdag om 20:00 uitgesaai. Die heruitsending word Saterdae om 19:00 uitgesaai. SARIE.COM gaan elke week oor die episodes skryf.

7de Laan se Hildegardt deel groot nuus

Ons is ook opgewonde oor die nuwe VIA-aanbieder Elana Afrika-Brendenkamp, vanaf 21 November. Die tweede seisoen van COZA is hare: ’n program waar ons sien hoe Suid-Afrikaanse emigrante leef. Vars episodes van die splinternuwe COZA word elke Maandag om 17:30 uitgesaai. Episodes word Sondae om 22:30 weer uitgesaai.

Ook op dié Maandag begin ons gewilde daaglikse trefferreeks Die eet oorlog. Kom kyk hoe drie dapper vroue elk ’n nommerpas-eetplan oor 30 dae aanpak en die kilo’s afskud. Dié keer spog die reeks met drie nuwe deelnemers, Fazeelah Ibrahim, Lunette Lubbe-Beukes en Liza Pretorius en ’n nuwe dokter, Owen Wiese, wat hulle bystaan. Dis elke weeksdag om 17:00. Elke week se heruitsendings word oor naweke as omnibusse uitgesaai: Op Saterdae van 14:30 tot 17:00 en op Sondae van 12:00 tot 14:30.

Op 23 November is die geliefde Nina Swart ook terug met Jou storie met Nina. Kykers kan uitsien na nog intieme onderhoude met inspireerders. Die program is nou in ’n nuwe tydgleuf en vars episodes word elke Woensdag om 19:30 uitgesaai. As jy dit misloop, kan jy Sondae om 19:30 inskakel vir die heruitsending.

Nog een van VIA se gewilde geselsprogramme is op 23 November terug: Op Driekuns praat drie bekendes oor gedeelde loopbane op ’n vars en persoonlike manier. Die seisoen is sterbelaai met gaste soos Francois van Coke, Lee-Ann Liebenberg en Ashwin Willemse. Nuwe episodes van Driekuns sal vir die res van 2016 op Woensdae om 20:30 te sien wees. Heruitsendings wys Sondae om 18:30.

En dan sal veral ons ontstelde Facebook-aanhangers bly wees om te hoor: Die skerpsinnige meisies en hubare ramme van Die Kliek, asook die skreeusnaakse aanbieder, Schalk Bezuidenhout, is uiteindelik terug is vir nog ’n seisoen. Dis vanaf 24 November elke Donderdag om 20:30. As jy die week se episode misgeloop het, skakel Saterdagaand om 20:00 in vir die heruitsending.

Programroosters vir VIA is in Afrikaanse koerante, Huisgenoot, tvplus en op viatv.co.za en dstv.com beskikbaar. Volg VIA TV op Facebook en @viatv op Twitter om op hoogte te bly met al die nuutste ontwikkelinge.

VIA is gemik op Afrikaanse gesinne en wentel om kos, styl en verhoudings.

Vir nog besonderhede oor die programme of aanbieders, kontak Robert Kaden by robert.kaden@media24.com of besoek viatv.co.za.

Lees nou:

VIA-gunstelinge ook op ShowMax

Nuut op VIA in September: Nuwe huise, nuwe hare en nuwe kosse