FOTO: Instagram gwenstefani

FOTO: Instagram gwenstefani

Het jy gehoor?

Gwen Stefani en Blake Shelton ís ’n paartjie

Waar ’n rokie trek, moet ’n vuurtjie brand … Skindertonge het verlede maand bespiegel dat Gwen Stefani slegs weke ná haar verbrokkelde huwelik reeds nuwe liefde gevind het. Nou is dit bevestig dat die sangeres en haar mede-aanbieder op The Voice, die country-sanger Blake Shelton, ’n paartjie is, berig Huffington Post.

Volgens Gwen se verteenwoordiger is sy en Blake jarelange vriende en het hulle onlangs ’n romantiese verhouding aangeknoop.

A photo posted by Gwen Stefani (@gwenstefani) on

Blake en sy vrou, die sangeres Miranda, het in Julie vanjaar ná ‘n huwelik van 4 jaar aangekondig dat hulle gaan skei. Gwen en haar eksman, die musikant Gavin Rossdale, het ’n maand daarna hul huwelik van 13 jaar geëindig. 

Hollywood Life  Miranda was in trane toe sy hoor Blake het aanbeweeg, terwyl Gavin gehoop het Gwen sal wag totdat die stof gaan lê voordat sy haar nuwe verhouding bekend maak.

Gwen en Gavin het drie seuns: Kingston (9), Zuma (7), en Apollo (1).

Bronne: Huffington Post en Hollywood Life

Lees ook 

ZZZ

Skryf HIER vir dié kompetisie in