FOTO: Instagram  ITEM

FOTO: Instagram ITEM

Het jy gehoor?

Gwen Stefani en haar man gaan skei

Die sangeres Gwen Stefani en haar man, Gavin Rossdale, gaan ná 13 jaar skei, berig E! Online

Hulle het dié nuus in ’n gesamentlike verklaring gedeel:

“Alhoewel ons nie meer vennote in die eg gaan wees nie, sal ons vennote wees om ons drie seuns in ’n gelukkige en gesonde omgewing groot te maak.”

In daardie lig het hulle ook vir gesamentlike toesig oor die kinders aansoek gedoen.

Die rede vir hul egskeiding word aangegee as onversoenbare verskille.

Die paartjie het in 1995 ontmoet toe No Doubt, die groep waarvan Gwen die voorsanger was, saam met Bush, die groep waarin Gavin sing en kitaar speel, saam opgetree het, berig The Guardian.

Hulle het in 2002 getrou en het drie seuns, Kingston (9), Zuma (6) en Apollo (1).

What is it? Fun with faces. Break time at #TheVoice shoot. #AppleWatch

A photo posted by Gwen Stefani (@gwenstefani) on

Bronne: E! Online en The Guardian

Lees ook