Gwen Stefani FOTO: Instagram (@gwenstefani)

Het jy gehoor?

Gwen Stefani kry baba 3 PLUS nog foto’s van Corine du Toit se Kiean

Die internasionale sangeres Gwen Stefani en haar man, Gavin Rossdale, het die afgelope naweek ’n derde seun ryker geword!

Gavin het Saterdag die aankoms van klein Apollo Bowie Flynn Rossdale op Twitter aangekondig nadat die nuwe baba Vrydag gebore is. Bowie en Flynn is die nooiensvanne van baba Apollo se twee oumas.

@gwenstefani welcome APOLLO BOWIE FLYNN ROSSDALE ❤️❤️❤️ 2/28/14 ❤️❤️❤️ (bowie and Flynn =mothers’ maiden names )

— GAVIN ROSSDALE (@GavinRossdale) March 1, 2014

WAT DINK JY VAN BABA APOLLO SE NAME? Lewer kommentaar hier onder of op SARIE se Facebook– of Twitter-blad.

Corine du Toit se baba Kiean hou van bad

Dit lyk asof aktrise Corine du Toit ouerskap tot dusver baie geniet as jy na die foto’s kyk wat sy van haar en Raz Jensen se klein Kiean deel.

Die eersteling van Corine en haar man, Raz, is op 21 Februarie om 17:27 gebore. Sy mamma beskryf hom as perfek en ’n seëning. Sy is verlief op haar pragtige babaseun.

Volgens ma Corine is klein Kiean ook baie lief daarvoor om gebad te word. Kyk net die oulike foto’s wat Corine al van haar en Raz se eerste baba gedeel het!

Corine du Toit se baba Kiean FOTO: Facebook

Corine du Toit se baba Kiean
FOTO: Facebook

Kyk net daardie klein vuisie! FOTO: Facebook

Kyk net daardie klein vuisie!
FOTO: Facebook

Corine du Toit en haar man Raz Jensen se baba is sewe dae oud! FOTO: Facebook

Baba Kiean lê en rus
FOTO: Facebook

Corine du Toit en haar man, Raz Jensen, se eersteling FOTO: Facebook

Die eerste foto van Corine en Raz se klein Kiean
FOTO: Facebook