Gwen Stefani
FOTO: Instagram (@gwenstefani)

Gwen Stefani FOTO: Instagram (@gwenstefani)

Het jy gehoor?

Gwen Stefani vier haar 45ste met jeugdige nuwe voorkoms

Dit lyk asof die sangeres en The Voice-beoordelaar Gwen Stefani net nie ouer word nie! Dié ma van drie het onlangs haar 45ste verjaardag gevier met ’n vars nuwe voorkoms – en sy lyk beter as ooit.

Met haar hupse houding en jeugdige vel kan mens skaars glo dat Gwen ’n paar dae gelede haar 45ste verjaardag gevier het. En sy het dié verjaardag met ’n nuwe haarstyl gevier.

Tydens ’n intieme ete met haar man van 12 jaar, Gavin Rossdale, het sy haar nuwe voorkoms – ’n swart streep in die voorkant van haar kenmerkende blonde lokke - onthul.

Loading

#bdaydinner w this guy @gavinrossdale #theonlywayoutisthrough ❤️gx

View on Instagram

Dié rocker het vir No.1 Magazine vertel dat ouerskap een van die belangrikste doelwitte is wat sy in haar lewe bereik het.

My grootste droom was om ’n ma te wees. Noudat hierdie droom bewaarheid is, voel dit asof my lewe bymekaargekom het.

Haar kroos, Apollo (7 maande), Zuma (6) en Kingston (8), is iets waarop enige mamma trots sal wees.

Só het ons Gwen in die 1990’s leer ken

No Doubt op die voorblad van Rolling Stone Magazine, 1997.

No Doubt op die voorblad van Rolling Stone Magazine, 1997.

Bron: No.1 Magazine