Het jy gehoor?

Gwyneth Paltrow se kookboek én maerbly-geheime

Gwyneth het haar gaste so beïndruk dat Martha na afloop van die geleentheid op Twitter gevra het of Gwyneth dalk die volgende Martha is, berig zoecarter.com.

Die boek, My father’s daughter, is vol gesonde resepte en daar’s tog iets vir die soettand óók. Die boek is opgedra aan haar pa wat in 2002 oorlede is. Paltrow is self ‘n gevestigde handelsmerk en dié boek vorm nou saam met haar elektoniese nuusbrief (Goop.com), haar webblad en ‘n nuwe stadsgids vir iPad (wat later vanjaar bekendgestel word), deel daarvan.

Sy het op die gewilde Good Morning America ’n voorsmakie van haar resepte gegee. Sy het vegetariese muffins en eend-met-tamatie-pasta in die studio gemaak.

Maar met al dié gekook, wonder ‘n mens hoe sy so maer bly: “Ek eet oor die algemeen baie gesond, maar indien ek dalk ’n bietjie oorboord gaan sny ek net brood, aartappels en pasta uit tot ek weer tevrede is. As ek in ’n kort tyd gewig moet verloor drink ek groen sappe en eet ek net slaai.”

Gwyneth begin eersdaags werk aan Steven Spielberg se Contagion, wat gaan oor ’n internasionale span dokters wat die verspreiding van ’n dodelike siekte probeer keer. Ander sterre wat daarin te sien sal wees is Matt Damon, Kate Winslet en Jude Law.