gwyneth_paltrow_vanity_fair_june30news
Het jy gehoor?

Gwyneth Paltrow bostukloos vir Vanity Fair

Bekende fotograaf Mark Seliger het die smeulende foto van haar geneem vir ‘n spesiale juwele-bylae saam met die Augustus-uitgawe van Vanity Fair.

Dié ma van twee is die toonbeeld van ‘n gesonde lewenstyl. Haar wekker gaan ses keer per week om 4:30 in die oggende af vir haar daaglikse oefensessie.

Haar kookboek, My Father’s Daughter, het ook pas op die rakke verskyn. Sy deel ’n persoonlike kykie in haar lewe en die noodsaaklikheid van familie, heilsame kos en saamwees.

“My stoof is die hart van my huis – jy sal my nooit ver daarvandaan kry nie en die meeste van die tyd is daar iets vir my familie daarop aan ’t prut.”

Sy dra die boek op aan haar pa, Bruce Paltrow, wie se passie vir kos haar al kleintyd begeester het. Met sowat 150 eenvoudige, gesonde gunsteling-familieresepte, van ontbyt, broodjies en burgers, sop en slaai tot poedings.  

Hopelik sien ons haar in Oktober in Suid-Afrika wanneer die groep, Coldplay, in die land optree! Gwyneth is met die hoofsanger, Chris Martin, getroud. Ons hou julle op die hoogte hiervan!

  • Matt

    Pragtig.

  • HERMAN

    OP DAARDIE OUDERDOM WAT IN LYF WEL GEDAAN

  • Damvak

    Sy is absoluut super HOT!

  • Giel

    Sjoe! Wat n mooi vrou en wat n mooi foto!

  • The Duke

    Eish, daar is nie ‘n vergelyk tussen hierdie absolute beeldskone vrou en daai vettietjies so paar weke terug nie! Absoluut stunning Gwyneth en dan kan sy nog sing ook!!

  • Gerhard

    WOW!!

  • Elsabe

    Kan nie eintlik die juweliersware so mooi sien nie ;-)

  • Karin

    Ek stem saam met Elsabe – watter juweliersware?

  • Nicolette Ferreira

    Sjoe – ek lyk nou nie juis op 28 so nie! Maar ek is darem amper 8 maande swanger, hehe! Weet nie of die foto my inspireer of moedeloos maak nie! :-)