Die wêreld was geskok oor die nuus dat dié paartjie gaan skei

Die wêreld was geskok oor die nuus dat dié paartjie gaan skei

Het jy gehoor?

Gwyneth Paltrow en Chris Martin se kinders sing op nuwe album

Gwyneth Paltrow en Chris Martin het verlede jaar die wêreld geskok met die nuus dat hulle gaan skei. Nou sing hul kinders, Apple (9) en Moses (8), saam met hul pa op sy groep se nuwe album, berig Daily Mail.

Coldplay, waarvan Chris die voorsanger is, is een van die gewildste groepe ter wêreld en die insluiting van Chris se kinders op hul nuwe album, Ghost Stories*, weerspieël die persoonlike rigting waarin Coldplay inslaan, vertel Chris aan die Britse nuusblad Daily Mail. Lees die volledige berig hier.

Chris het die album opgeneem te midde van sy skeiding met Gwyneth. Dié pa van twee wil hê dít moet die boodskap stuur dat jy altyd moet hoop hê, selfs tydens die moeilike tye in jou lewe.

Chris sê ook dat hy inspirasie uit die einde van sy huwelik geput het om liedjies vir dié album te skryf. “Die emosies het sommer alles op een slag gekom. Ek is nie so goed  met lirieke soos Jay-Z en Morrissey nie, maar ten minste kan ek sing wat ek voel,” sê hy.

Luister uit vir Apple en Moses se stemme op twee liedjies van die album.

Gwyneth by Apple en Moses FOTO: Twitter (@GwynethPaltrow)

Gwyneth by Apple en Moses
FOTO: Twitter (@GwynethPaltrow)

Só het die paartjie hul nuus met Apple en Moses gedeel

Gwyneth by Appel (regs) en Moses (links) FOTO: GOOP

Gwyneth by Appel (regs) en Moses (links)
FOTO: GOOP

Gwyneth Paltrow dra steeds haar trouring

*Ghost Stories sal volgende maand beskikbaar wees om digitaal af te laai of om die harde kopie te koop.

BRON: Daily Mail