FOTO: Dave Benett met vergunning van Matthew Williamson

Het jy gehoor?

Gwyneth Paltrow begin 2015 met detoks-dieet

Die Hollywood-aktrise en blogger Gwyneth Paltrow het haar jaar, soos 2014, met ’n detoks-dieet begin. Sy het haar eetplan op haar leefstyl-blog, Goop, gedeel.

Vir die meeste van ons begin ’n nuwe jaar met meer ywer om gesonder te leef. Maar Gwyneth Paltrow begin die jaar met haar jaarlikse detoks.

En dié detoks is nie net om van die ekstra stukkie trifle in die feestyd ontslae te raak nie – sy wil ook die gifstowwe in haar liggaam verwyder.

Die 42-jarige ster skryf in haar blog: “Alhoewel ons liggaam toegerus is om self te detoks, maak ons toksiese omgewing en kossisteem dit moeilik vir ons liggaam om by te hou. Detoks gaan dus oor meer as net om van oortollige vetjies ontslae te raak. Dit help ons ook om ons liggaam van swaar metale en plaagdoders, wat in ons sisteem voorkom, te bevry.”

Eerste op die spyskaart vir dié 7-dag-detoks is om soggens warm water met suurlemoensap te drink. Dan is vlassaad, saffloerolie (safflower oil), chia-saad, boerkool (kale) en stevia (wat in die plek van suiker gebruik kan word) belangrike bestanddele in jou daaglikse dieet.

FOTO:  Goop

FOTO: goop

Sien die volledige dieet HIER.

Britse voedingskenners waarmee The Telegraph gepraat het, waarsku egter dat dié dieet met bestanddele soos jong Thaise kokosneut nogal duur kan uitwerk. Jy gaan dalk ook honger ly, omdat die aantal kalorieë wat jy inneem minder as die aanbevole daaglikse hoeveelheid is.

* Hierdie dieet word nie deur SARIE onderskryf nie. Moenie enige dieet volg wat jou lighoofdig laat voel nie en praat eers met jou dokter indien jy enige kwale het.

Bron: The New Zealand Herald en The Telegraph