FOTO Instagram @gwynethpaltrow

FOTO Instagram @gwynethpaltrow

Het jy gehoor?

Gwyneth Paltrow gaan weer trou

Gwyneth Paltrow het liefde gevind. En dis nie weer in die arms van Coldplay se hoofsanger, Chris Martin, nie. Hul egskeiding is verlede week gefinaliseer.

Sy en Brad Falchuk, ʼn TV-vervaardiger, staan op trou. En volgens gerugte gaan hulle troue intiem wees en in ’n woestyn plaasvind.

Sy het twee kinders, Apple (12) en Moses (10), uit haar huwelik met Chris.

Dit klink of Gwyneth (43) selfs daaraan dink om ’n derde kind saam met Brad (45) hê.

bona nit des de les muntanyes de Barcelona. Poma, Moisès i jo

A photo posted by Gwyneth Paltrow (@gwynethpaltrow) on

 

Gwyneth se aanstaande:

 

Dit pla haar min dat mense verbaas is dat sy gou weer wil trou. Sy voel gelukkig om vir Brad te kon kry. 

Martinis made with iceberg ice. #fogoisland #happy A photo posted by @bradfalchuk on

Gwyneth het glo reeds saam met ’n troubeplanner begin werk. Sy is tradisioneel en sal van ʼn behoorlike seremonie hou.

My date and I #screamqueens

A photo posted by @bradfalchuk on

Gwyneth se verhoudings trek al sedert die begin van haar loopbaan aandag.

En in 1995  het sy Brad Pitt se hart gebreek. Sy praat net mooi van Brad, aan wie sy verloof was. “Hy was pragtig en oulik. Ek bedoel, hy was Brad Pitt.”

Sy was ook in 2000 in ’n romantiese verhouding met Ben Affleck.

Bronne: www.channel24.com, www.vanityfair.com

Lees nou

Vitamien D vir verkoue – die nuwe vitamien C?

Kindersterre: Toe en nou