amazon.com
Het jy gehoor?

Gwyneth Paltrow ‘red’ vrou se lewe op 9/11

Sy is onlangs deur ’n vrou gekontak wat haar bedank het omdat sy haar lewe gered het daardie oggend. Hierdie toevallige heldedaad is maar een van honderde soortgelyke stories, berig die Huffington Post.

Lara Lindstrom Clarke, destyds 24, het soos elke ander oggend opgestaan en reggemaak vir werk. Haar kantoor was op die 77ste verdieping van die World Trade Center.

Gwyneth het soos sy elke dag doen haar joga-klas vroegoggend bygewoon. Op pad huis toe het sy Lara, wat oor die pad geloop het, byna omgery. Albei het gestop en verskeie kere vir mekaar beduie dat die ander een maar eerste kan gaan. Dit het naderhand belaglik geraak en albei het uitgebars van die lag.

“Die brief wat ek byna 10 jaar later ontvang het, was van Lara wat sê sy was reeds laat toe ek en sy mekaar in die straat opgehou het,” het Gwyneth by ’n perskonferensie in Venesië vertel. Toe Lara uiteindelik by die metrostasie kom, was sy net betyds om te sien hoe die trein wegtrek – ’n paar sekondes te laat, ’n paar sekondes wat die res van haar lewe verander het …

Lara het die volgende trein gehaal, maar toe sy haastig probeer uitklim, was daar chaos in die metro-stasie. Buite het sy net rook en vlamme uit die gebou sien borrel, waar sy agter haar lessenaar sou gewees het as sy nie ’n paar sekondes laat was vir die trein nie …

9/11 – DIE 10-JARIGE HERDENKING

102 Minutes That Changed America op die History-kanaal (Kanaal 254 op DStv).

Dié program sal reg oor die wêreld op die presiese oomblik wat die eerste vliegtuig teen die World Trade Center vasgevlieg het, uitgesaai word. In Suid-Afrika is dit om 14:46.

Dit is 2 uur lank en handel oor die gebeure van daardie tragiese oggend in New York. Byna al die kykstof is amateurmateriaal wat deur mense op straat of sekuriteitskameras afgeneem is.

  • MdT

    Alle Eer Aan Die Here!!