Gwyneth Paltrow
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Gwyneth Paltrow FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Gwyneth Paltrow hou van haar plooie

Gwyneth Paltrow hou van die fyn lyntjies op haar gesig, vertel sy aan die tydskrif Stylist.

Die 42-jarige aktrise sê sy glo daaraan om grasieus oud te word. “Jy kan dit in ’n sekere mate beveg, maar ek aanvaar die skoonheid van ’n volwasse vrou en die wysheid wat daarmee saam kom.

Dis nie pret om jonk te wees en nie jouself te ken en aanvaar nie.

Maar saam met die ouderdom kom plooie en fyn lyntjies – iets wat Gwyneth besluit het om nou te aanvaar.

Yippie Ki-Yay motherf*&$rs, the Big Sky country today on @goop

A photo posted by Gwyneth Paltrow (@gwynethpaltrow) on

Die een ding wat sy nié doen nie, is om haarself van te naby te ondersoek – veral vroegoggend. Gwyneth sê sy dra nie veel grimering nie, buiten wanneer sy op die rooi tapyt of op ‘n filmstel is. Wat sy wel probeer doen, is om elke aand haar gesig te was, af te skilfer en te bevog voordat sy gaan slaap. Verder volg sy die binne-buite-benadering: sy glo dat goeie voeding, genoeg slaap en oefening jou vel beïnvloed.

 

A photo posted by Gwyneth Paltrow (@gwynethpaltrow) on

Ons sien nie die plooie nie, Gwyneth!

Bronne: Stylist en E! Online