FOTO: Instagram @gwynethpaltrow

FOTO: Instagram @gwynethpaltrow

Het jy gehoor?

Gwyneth Paltrow leef op R50 ’n dag vir goeie doel

In ’n poging om mense daarvan bewus te maak dat daar talle ander is wat sukkel om kos op die tafel te sit, gaan Gwyneth Paltrow vir ’n week lank op slegs R50 ’n dag leef, berig die Huffington Post

Dié begroting is soortgelyk aan dié van behoeftige Amerikaners wat van die Supplemental Nutrition Assistance Program (SNAP) afhanklik is. Hulle kry $29 (sowat R350) vir ’n week se kruideniersware.

Gwyneth (42) is deur die celeb-sjef Mario Batali uitgedaag om aan die #FoodBankNYCChallenge deel te neem. Vir sewe dae sal Gwyneth en ander deelnemers nie meer as $1,38 (sowat R16) aan ’n ete mag spandeer nie. Hulle mag ook nie kos eet wat reeds in hul huise is, of wat ander mense vir hulle gee nie.

Die Iron Man-aktrise het die nuus via sosiale media versprei. Sy het ook ’n foto bygevoeg van wat sy met haar beperkte begroting kon koop.

Bron: Huffington Post

Lees ook