FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Gwyneth Paltrow se vreemdste skoonheidsbehandeling

Ons ken nou al vir Gwyneth Paltrow as iemand wat vreemde goed sal doen om jonk te lyk. Maar selfs sy erken dié behandeling is ’n stap te ver.

Sy het al ’n detoks-dieet gevolg wat haar laat hallusineer het; cupping-behandeling probeer wat ’n antieke Oosterse terapie is waar warm items op jou vel neergesit word om jou bloedsomloop te verbeter; Botox en vullers gebruik; en ook die makrobiotiese dieet gevolg waar jy alle geprosesseerde kos en kos afkomstig van diere uitsny.

Maar selfs Gwyneth erken dat dié skoonheidsbehandeling haar vreemdste een nóg is.

Sy het aan die Britse Marie Clarie vertel dat sy al betaal het dat ’n by haar steek. Dít word api-terapie genoem en vernuwe blykbaar die vel.

Bekendes soos Kate, die hertogin van Cambridge, Kylie Minogue en Victoria Beckham gebruik glo nagroom met bygif in, maar laat hulle darem nie deur ’n by steek nie.

FOTO’S: Albei dié ma’s gebruik bygif as ’n skoonheidsbehandeling.

Wat is die vreemdste skoonheidsbehandeling waarvoor jy al gegaan het? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook– of Twitter-blad!

Bron: Toronto Sun, Beeld