Het jy gehoor?

Gwyneth Paltrow slaan groot musiek-kontrak los!

Gwyneth Paltrow se sang loopbaan het afgeskop met haar rol as ‘n country sangeres in die rolprent Country Strong.

Sy het die liedjie Coming Home van Country Strong by albei die Grammys en Oscars verlede maand gesing. En nou verskyn sy ook in ‘n paar episodes van Glee as ‘n aflos onderwyseres.

Paltrow se saameraapsel van Riana se Umbrella en Singing in the rain op Glee het nommer 22  op die singles chart gehaal.

Die aktrise, ma , vrou van Chris Martin (Hoofsanger van die groep, Coldplay) en binnekort ook ‘n sangsensasie het ‘n musiekontrak van sowat R 6.7 miljoen losgeslaan met Atlantic, wat deur Warner Music besit is.