halle berry
Het jy gehoor?

Halle Berry beland wéér in skeihof

Die Oscar-bekroonde aktrise Halle Berry en haar man, die Franse akteur Olivier Martinez, gaan ná twee jaar skei, berig TMZ

Die rede vir hul egskeiding is glo onversoenbare verskille. Hulle is buite gemeenskap van goedere getroud, so die verdeling van bates behoort glad te verloop.

Halle en Olivier het een kind saam, ’n 2-jarige seun Maceo. Volgens Huffington Post   wil hulle juis om sy onthalwe op goeie voet uitmekaar gaan. Hulle het gevra dat die media hul privaatheid respekteer.

Olivier is Halle se derde man. Sy was voorheen getroud met die bofbalspeler David Justice (van 1993 tot 1997) en sanger Eric Benét (van 2001 tot 2005). Halle het ook ’n sewejarige dogter, Nahla, met die model Gabriel Aubry.

Bronne: TMZ en Huffington Post

Lees ook 

ZZZ

Lees HIER vir meer inligting