Halle Berry
Het jy gehoor?

Halle Berry & Jennifer Garner op oorlogspad

Dié twee superster-aktrises is op die oorlogspad om ‘n nuwe wet in te stel wat die paparazzi in die tronk sal laat beland.

 

Halle Berry en Jennifer Garner is bekommerd oor hul kinders se veiligheid en privaatheid. Hulle het die Anti-Paparazzi Wetsontwerp in werking gestel – wat die afneem van bekendes se kinders as `n misdaad verklaar.

Halle en Jennifer se kinders loop gereeld onder die paparazzi deur en hoop dat hierdie wetsontwerp as ‘n wet ingestem sal word.

Ek het die paparazzi een keer goed in aksie gesien

Die wetsontwerp, wat oorspronklik Halle se inisiatief is, wil hê die paparazzi wat kinders sonder die toestemming van hul ouers afneem, moet in die tronk gestop word. Wanneer hulle wel kinders sonder toestemming afneem, kan hulle van aanranding aangekla word.

Halle se dogter, Nahla, is in die verlede deur die paparazzi gevra hoe sy voel noudat sy nie weer haar pa gaan sien nie. In dié tyd was Halle en Nahla se pa, Gabriel Aubry, in ‘n hofgeding oor kindertoesig. “Hulle (die paparazzi) is geweteloos. Hulle vloek en noem ons name net om emosie uit te lok om ‘n goeie foto te kry,” het Halle bygevoeg.

“Ek het ‘n publieke lewe gekies, nie my kinders,” het Jennifer in Kalifornië voor die staatsvergaderingskomitee getuig. “Ek is baie lief vir my kinders. Hulle is pragtig en oulik en doodonskuldig en ek wil nie hê dat `n groep skreeuende fotograwe wat die wet oortree, wat ons elke dag agtervolg, my kinders verder ontstel nie.”

Diana: 15 jaar ná haar dood

 

 

HIERONDER is ‘n video in 2009 geneem wat wys hoe moeilik dit vir Halle is om net by haar motor uit te kom: