Halle Berry
Het jy gehoor?

Halle Berry word vir die tweede keer ma

Halle Berry en haar man, Olivier Martinez, het dié naweek hul eerste kind saam verwelkom – ’n seun.

Die 47-jarige aktrise het in dieselfde hospitaal in Los Angeles geboorte geskenk as talle ander sterre soos Jessica Simpson en Kate Hudson. (Lees meer oor dié hospitaal onder dié aritkel.) Dit is Halle, wat reeds ’n vyf-jarige dogter Nahla het, se tweede kind.

 

 

Halle Berry

Die Oscar-bekroonde aktrise het vroeër aan CNN gesê dié swangerskap was onverwags. “Dit was ’n baie groot verrassing, maar ook ’n wonderlike verrassing.”

 

 

 

SA-aktrise en televisie-aanbieder Mandi Baard wys haar baba

Olivier Martinez

 

Olivier (foto regs) is Halle se derde man. Sy het in 1992 met die bofbalspeler David Justice getrou en weer in 2001 voor die kansel gestaan, dié keer met die sanger Eric Benét. Halle en Olivier het in Julie vanjaar getrou.

Dit is Olivier, wat in die verlede met Kylie Minogue uitgegaan het, se eerste huwelik en eerste kind.

Die Cedars Sinai-hospitaal

Dié hospitaal is omtrent sinoniem met celebs. Dalk is dit omdat dit in Los Angeles geleë is, maar baie meen dit is oor hul streng privaatheidsreëls.

Wel, daarvan weet ons nie so mooi nie, want groot nuus soos Patrick Swayze se stryd met kanker en talle sterre se kinders se geboortes in dié hospitaal is vinnig deur die media uitgesnuffel.

Celebs en dié hospitaal:

  • Frank Sinatra is hier oorlede aan ’n hartaanval.
  • Marilyn Monroe het in 1952 haar blindederm hier laat verwyder. Sy het glo ’n boodskap op haar maag geplak waarin sy vra dat die dokters hul bes moet probeer om ’n klein litteteken te los.
  • Richard Burton het vir Elizabeth Taylor aandete van ’n baie deftige restaurant laat aflewer en een van die violiste gekry om vir haar te speel.
  • Patrick Swayze het sy stryd met kanker in dié hospitaal beveg.
  • Madonna het al operasies hier ondergaan.
  • Van Jessica Simpson tot Kourtney Kardashian, Victoria Beckham, Kate Hudson, Penélope Cruz en Pink het al hier geboorte geskenk.
  • Fondsinsamelings deur bekendes word gereeld vir dié hospitaal gedoen – van Steven Spielberg tot Barbra Streisand. En multi-miljoen dollar skenkings gaan gewoonlik gepaard met ’n vleuel wat na jou vernoem word.

Bronne: Hello! en The Hollywood Reporter