FOTO: Phyllis Green

Het jy gehoor?

Handré Pollard is verloof

Die talentvolle rugbyspeler Handré Pollard moes vir ’n jaar sy loopbaan groet weens ’n besering. Maar volgende jaar op 28 Januarie keer Handré terug na die Blou Bulle, berig Sport24. Dis natuurlik goeie nuus vir hulle en vir die Springbokke. Maar in sy persoonlike lewe gaan dit net so goed. Hy is verloof!

Ja, dié 22-jarige losskakel het sy meisie, Marise Malherbe, gister gevra om te trou. Sy het die goeie nuus op sosiale media gedeel.

Die twee het mekaar as skoolkinders in die Paarl ontmoet en het in 2012 begin uitgaan.

words can’t describe beginning of forever

A photo posted by Marise Malherbe (@marisemalherbe) on

Op die foto lyk dit of Handré die groot vraag op ’n strand gevra het. Marise is nie net bederf met ’n ring nie, maar ook met blomme.

In 2014 het Handré in SARIE se September-uitgawe meer gesels oor sy verhouding met Marise en sy droom as Springbok. Hier volg ’n uittreksel:

Het jy tyd vir ’n verhouding?

Ek máák tyd vir my vriendin, Marise Malherbe. Ons het in die Paarl ontmoet, waar sy aan die Hoër Meisieskool gematrikuleer het, en ons gaan al twee jaar uit. Sy studeer onderwys aan die Universiteit van Pretoria en is ’n 800 m-atleet. Sy is ’n nederige plaasmeisie met lewenslus. Ons sien mekaar meestal saans en party naweke. Dan gaan ons uiteet, fliek, bergklim, stap . . . baie buitelug-dinge.

Wat doen jy as jy nie rugby speel of by jou vriendin kuier nie?

Ek speel gholf, gewoonlik saam met Jono [Ross, sy Blou Bul-vriend] en die ander manne. Dis lekker ontvlugting.

Wat wil jy nog bereik?

Daar’s soveel ouens wat ’n paar toetse vir die Bokke gespeel het, ek wil 50 of meer speel. Dis al hoe jy onthou word. Natuurlik sal ek nie omgee om die eer te hê om Bok-kaptein te wees nie, maar dis nie my einddoel nie. Ek wil net elke dag ’n beter speler word.

strongest person i know i love you babe

A photo posted by Marise Malherbe (@marisemalherbe) on

Lees nou

Slim wenk om geskenke vinnig toe te draai!

Candice en Paul verwag hul eersteling

Kersversierings vir die huis