Hannes, uitgevat vir ons fotosessie, ontspan in sy tuin met sy hondekinders (van links) Liza, Mariet en Toto (voor).
FOTO: Willem Lourens

Hannes, uitgevat vir ons fotosessie, ontspan in sy tuin met sy hondekinders (van links) Liza, Mariet en Toto (voor). FOTO: Willem Lourens

Het jy gehoor?

Hannes van Wyk is die nuwe aanbieder van Kwêla

Hannes, wat veral bekend is as aanbieder van Bravo! op kykNET, sal 27 Mei op die legendariese bank in die Kwêla-ateljee inskuif.

Hy is baie opgewonde en sê dit is ’n groot eer. “Ek besef ek het groot skoene om vol te staan, maar ek is reg vir die uitdaging, ” het hy aan SARIE.com gesê.

Coenie de Villiers was die afgelope 15 jaar die aanbieder en het verlede maand uitgetree. Hy is steeds op kykNET te sien as die aanbieder van ’n Ander Wêreld met Coenie.

“Dit voel byna of ek ’n groot prys gewen het, en sien uit daarna om die leisels oor te neem en die program verder te vat.”

Hy sê 27 Mei sal van nou af vir hom soos ’n tweede verjaardag voel.

hannes_van_wyk

Karen Meiring, direkteur van Afrikaanse kanale, is ook opgewonde oor dié aanstelling. “Hannes is ’n baie ervare aanbieder en ons weet ons kykers is mal oor hom. Dit is terselfdertyd vir ons ’n groot voorreg om Coenie steeds op die kanaal te kan behou, as die anker van ’n Ander Wêreld,” berig kykNET.