Het jy gehoor?

Harper Beckham ondersteun Victoria by die New York Modeweek

Harper het haar ma op Pa se skoot ondersteun en het heel gemaklik gelyk langs die bekendes van die mode-wêreld. Selfs die legendariese uitvoerende redakteur van die Amerikaanse Vogue, Anna Wintour (regs), kon nie haar oë van Harper afhou nie.

Die een ding wat Victoria nié voor Harper doen nié

Victoria BeckhamVictoria BeckhamVictoria Beckham

Victoria Beckham

Victoria se mode-skuif

Victoria se ontwerpe het in die verlede gefokus om die vroulike silhoeët na te boots met items soos potloodrompe en stywe rokke. Maar hierdie jaar het sy gekies om meer met vorm te speel.

Victoria Beckham

Die mode-kenners meen haar ontwerpe is jonger en meer speels. Haar jongste reeks speel baie met  kleure en geometriese patrone om die vroulike liggaam te beklemtoon met ‘n uurglas-figuur.

Geometriese patrone is in! Dra dit só

Victoria Beckham

Victoria se persoonlike styl het ook heelwat verander. Sy het opgedaag in ‘n androgeniese uitrusting, iets wat buitengewoon vir dié voormalige Spice Girl is. Kenners meen ontwerpers met dogters kry ‘n ander uitkyk op die vroulike figuur soos hul dogters ouer word. Ons wonder of Harper die inspirasie agter dié mode-kopskuif was?

Victoria Beckham

Bron: iDesign Times