Het jy gehoor?

NUWE FOTO: Harper Beckham saam met Ma voor in die modekoor

Die wêreld se oë was dié afgelope naweek op New York met die 10 jaar-herdenking van die tragiese 9/11-aanval asook die Mercedes Benz New York-modeweek. En Victoria Beckham (37) het dié geleentheid ook gebruik om haar babadogtertjie, Harper Seven, aan die stylvolle wêreld van mode bekend te stel.

Kyk hoe oulik is sy!

Harper Beckham by die New York-modeweek

Foto: Gallo Images/Getty Images

Victoria, voormalige Spice Girl en nou ook mode-ontwerper, het op Twitter verklaar hoe opgewonde sy en Harper oor dié groot modegeleentheid is. Victoria het ook haar Lente/Somer 2012-klerereeks op die ikoniese 11 September onthul.

Harper, wat in Julie haar opwagting gemaak het, was sjiek aangetrek in ‘n swart-en-wit geruite pakkie. Victoria is ook weer in hakke gesien nadat sy ná die geboorte plat skoene moes dra weens ‘n rugwerwel wat tydens haar swangerskap geskuif het.

Gaan Harper binnekort vir Suri Cruise onttroon as Hollywood se mees stylvolle dogtertjie?

* Volg DVb Victoria Beckham op Facebook

  • Lavinia

    Ag asseblief – so ‘n klein ou babatjie in swart-en-wit ruite? ‘n Mooi pastelkleurige rokkie of pakkie is volgens my mening baie meer gepas.

  • Rockmad

    Ek dink weer sy lyk pragtig, so anders as die gewone ou "pienk" vir dogtertjies.

  • Jbayroo

    Ja, dink ook die geruite pakkie is baie oulik. Pragtige babatjie!

  • noutoenou

    Of mens nou van Victoria hou of nie, die vroumens het KLAS. Waar sy haar ookal bevind, draai die nekke. Ja, ek dink nogal sy gaan vir klein Suri metteryd opdraand gee in die mode-afdeling. En ek sien daarna uit.

  • Lila

    Vicotira lyk pragtig al is dit stelwels met ‘n kortmou rok!

  • Riki

    Sy’s regtig ‘n mooi klein mensie.
    Sy’t seker alklaar ‘n klerekas wat skrik vir min, alles ontwerper nommertjies raai ek sommer nou.
    Ek hou van die uitrustingkie…Ma lyk self nie sleg nie.

  • Ronel

    Sy sit net nooit ‘n voet verkeerd nie. Pragtige pakkie vir die baba – nuwe mode vir kleingoed. Pink is regtig verveeld vir babadogtertjies.

  • KIELIE

    Og,
    Victoria en haar baba is altwee beeldskoon!
    Ek hoop net die die ou dogtertjie gaan so suur soos haar mamma wees nie!
    Of is Victoria se gesig al so ‘reg getrek’ dat daar geen gesiguitdrukking meer is nie?.
    Liewe Vader, sy moet regtig net probeer ‘n poging aanwend om te glimlag. Dit lyk asof sy so uit die hoogte almal met ‘n ‘wax gesig’ aankyk – ek het ook al gewonder of dit dan nou van belangrikheid is?

  • Gert Spies

    Gelukkig lyk die baba nie soos die ma nie….

  • Anne-Marie Steyn

    Ai Tog die arme klein ou babatjie, so klein en alreeds aan die papparazzi oorgelaat, maar nou ja, ek neem aan dat sekere ouers seker sekere waardes vir hulle kinders het. Net hulle sal weet wat dit is!

  • SannieB

    vet lelike jaloerse ou vrouens wat hier kommentaar lewer

  • ANTJIE

    Harper en Victoria is pragtig. Uit en gedaan.

  • Susannah Gibson

    Stem saam Lavinia. ‘n Ou babatjie is so sag en onskuldig – einlik net gepas vir die dra van pastelle. Daar is oorgenoeg jare in ‘n vrou se lewe waarin sy kan rondpronk in swart en wit. Dit is egter Victoria se baba en indien sy die ou dingetjie wil tooi in strak kleure bly dit haar keuse. Wonder wat is die kleur van haar weggooidoeke?

  • Susannah Gibson

    Sannie B – ek is beslis nie oud, vet of onaansienlik nie. Babatyd is bitterlik kort en die sagtheid van pastelle pas by ‘n babatjie. Daar is jare der jare wat ‘n vrou tyd het om swart te dra. Victoria is ‘n lieflike vrou en so ook is haar baba.

  • tertia888

    Baie ernstige kleintjie.

  • Sandra

    Ek stem saam met Lavinia, ‘n pastel of pienk lyk darem maar baie mooier by ‘n dogtertjie

  • Karen

    Sy het bietjie lyf gekry, sy lyk pragtig.

  • Lizzie

    Hoe lank gaan hierdie artikel nog hier sit? dis nou al weke…

  • Ja

    10 uit 10, pienk is vervelig! My 2 poppies lyk ook tog te pragtig in hul swart en wit en navy rokkies en pakkies.

  • Sonskyn

    Ekself is baie lief vir die kleur pienk, dus sal ek nooit die geleentheid laat verbygaan om ‘n dogtertjie-baba in pienk te klee nie. Swart en wit is in elk geval vir my baie formeel en strak vir ‘n baba, hetsy seuntjie of dogtertjie. ‘n Groot deel van ‘n baba se ‘oulikheid’ is die mooi sagte pastelkleur-kleertjies wat hulle dra. Dit bly egter Victoria se keuse indien sy haar baba so wil aantrek.

  • Suhane Swart

    Geniet al die foto’s van die Celebs se kleintjies. Hulle is te dierbaar, danki dat julle ons op hoogte hou!!