FOTO: Esquire Voorblad

FOTO: Esquire Voorblad

Het jy gehoor?

Harrison Ford: 10 dinge wat jy móét weet

Indiana Jones, Han Solo, Jack Ryan en Rick Deckard. Wat het hulle almal in gemeen? Harrison Ford. Of jy nou van hom hou of nie, hy is beslis een van Hollywood se legendes.

Hier is 10 dinge wat jy móét weet:

1. Toneelspel is in sy gene. Sy ouers en broer was almal akteurs.

2. As kind was hy lid van die Boy Scouts. Hy het die tweede hoogste rang, Life Scout, verwerf.

3. Op skool was Harrison verskriklik skaam en het drama geneem om hom te help.

4. Harrison het ’n litteken op sy ken, wat hy op 20-jarige ouderdom in ’n motorongeluk opgedoen het. Sy karakter in Indiana Jones the Last Crusade (1989) en Working Girl (1988) het na die litteken verwys.

5. Hy het nooit sy skoolloopbaan voltooi nie. Voor hy ’n professionele akteur geword het, was hy ’n skrynwerker en het sy eie houtwerk-besigheid gehad.

Hier is hy as jong timmerman (regs):

FOTO: Facebook/Sergio Mendes

FOTO: Facebook/Sergio Mendes

6. As skrynwerker moes hy toevallig kaste inbou in die huis van die regisseur George Lucas. ’n Paar maande later speel hy Han Solo in die Star Wars-reeks.

7.  Hy is al vir ses jaar met die aktrise Calista Flockhart getroud. Hulle is sedert 2002 ’n paartjie.

8. As gesoute vlieënier het hy selfs in 2010 ’n vliegtuigongeluk oorleef.

9. Sy gunsteling-rol is Indiana Jones. En anders as sy karakter is hy nié bang vir slange nie.

10. Harrison is berug vir sy privaatheid. Hy sal nie sommer ’n onderhoud aan die media toestaan nie.

Embed from Getty Images

Lees nou