FOTO: Esquire Voorblad

FOTO: Esquire Voorblad

Het jy gehoor?

Harrison Ford in vliegtuig-ongeluk beseer

Die akteur Harrison Ford het matige beserings opgedoen ná ’n klein vliegtuig waarvan hy die vlieënier was, gistermiddag by ’n gholfbaan in Kalifornië neergestort het, berig People

Die 72-jarige Harrison, wat alleen in die vliegtuig was, is in ’n stabiele toestand. Sy suster Georgio en seun Ben ondersteun hom in die hospitaal.

Ben het op sosiale media die publiek van sy pa se toestand ingelig. Hy het ook op Twitter sy pa se aanhangers vir hul belangstelling bedank: “Dankie dat julle aan my pa dink en dankie vir al die positiwiteit.”

Harrison is ’n ervare vlieënier en het lisensies om helikopters en vastevlerkvliegtuie te vlieg, berig E! OnlineDie  Indiana Jones-akteur het in 2008 aan National Geographic gesê dat hy mal is oor vlieg en dat as hy iewers moet wees, verkies hy om self te vlieg.

Bron: People en E! Online