Het jy gehoor?

Harry Potter die rapper?

Daniel Radcliffe van Harry Potter-faam is glo mal daaroor om op bekende liedjies soos Eminem-treffers te rap.

Die 24-jarige akteur het onlangs erken dat hy ’n nuwe talent ontdek het. “Ek is snaaks genoeg nogal goed met die hele kletsrym-ding,” het Daniel aan die tydskrif Shortlist gesê. Ons wonder of ons hom binnekort in ’n film gaan hoor sing.

Buiten dié nuwe talent het Daniel ook planne om in die regisseurstoel te sit. Hy glo hy kan ’n kreatiewe inset in sy volgende fliek lewer.

article-2460351-18BE6CDC00000578-295_634x777

Daniel sukkel glo om sy Harry Potter-beeld af te skud en alhoewel hy dankbaar is vir dié flieks, glo hy dit kelder sy loopbaan, omdat hy nie ‘volwasse’ rolle aangebied word nie. Dié populêre filmreeks oor ’n seun wat towerkuns beoefen, het 12 jaar gelede begin toe Daniel net 12 jaar oud was.

Daniel het intussen ’n man geword en het onlangs in die kontroversiële prent Kill Your Darlings gespeel waarin hy die Amerikaanse digter Allen Ginsberg vertolk.

Harry Potter-sterre binnekort sprokieskarakters van ouds

Maar Daniel het nie enige gebrek aan selfvertroue nie. Hy is vol lof vir homself oor dié nuwe rolle wat hy aanpak. “Elke karakter is anders en soms is selfs ek verbaas oor hoe ek dit regkry om myself in al die verskillende rolle in te leef,” het hy aan Shortlist gesê.

Bron: Contactmusic, Daily Mail