VIDEOGREEP: YouTube

Het jy gehoor?

HARTROERENDE VIDEO: Liefde deur Alzheimersiekte

In die video van ’n Thaise versekeringsmaatskappy sien jy hoe Alzheimersiekte sy tol eis op ’n huwelik, maar hoe die man nie tou opgooi nie.

Wandee en Boonsong stap al ’n lang pad saam. Nou kan Wandee nie meer altyd haar geliefde Boonsong herken nie, want sy ly aan Alzheimer-siekte.

Hoewel dít seker een van die moeilikste dinge is om te ervaar, kies Boonsong om sy vrou te ondersteun en te versorg.

Dié advertensie het ons harte gesteel …

Wat dink jy van dié advertensie? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook– of Twitter-blad!