Giuliana Rancic en haar man, Bill FOTO: Instagram @billrancic

Het jy gehoor?

Hartseer babanuus vir Giuliana en Bill Rancic

Giuliana en Bill Rancic, sterre van E! se werklikheidsreeks Giuliana & Bill, het die afgelope naweek baie hartseer babanuus gekry, berig People.

Delphine, die werklikheidsterre se surrogaat-ma wat byna twee jaar gelede hul eersteling, Duke, in die wêreld gebring het, het die naweek die paartjie se tweede baba verloor. Sy was nege weke swanger.

Bill het die nuus van Delphine se miskraam die naweek met die tydskrif People gedeel. Lees dié artikel hier.

Bill en Giuliana by klein Duke FOTO: Instagram (@billrancic)

Bill en Giuliana by klein Duke.
FOTO: Instagram (@billrancic)

“Dis iets wat ons nie sien kom het nie. Ons was verpletter,” het Bill, wat die eerste wenner van die TV-reeks The Apprentice was, gesê.

Bill en Giuliana het baie gesukkel om swanger te raak nadat hulle in 2007 getroud is. Eers het Giuliana ’n miskraam gehad voordat sy later met borskanker gediagnoseer is. Nadat sy ’n dubbele mastektomie ondergaan het, het die paartjie vir Delphine gevra om Duke te dra.

Dis juis omdat Giuliana, aanbieder van E! News en Fashion Police, vantevore ’n miskraam gehad het, dat sy en Bill die nuus dié keer eers wou stilhou. “Ons was taamlik naby aan die veilige tyd,” sê hy.

Giuliana en klein Duke in Chicago, waar hulle woon FOTO: Instagram (@billrancic)

Giuliana en klein Duke in Chicago, waar hulle woon.
FOTO: Instagram (@billrancic)

“Dis ’n dubbele hartseer, want ons wou nie hê Delphine moet sleg voel nie. Giuliana was eers verpletter, maar sy is sterk. In tye soos dié maak ons staat op ons geloof. Toe die trane eers opgedroog het, het ons weer na die toekoms begin kyk,” het hy vertel.

Bill het ook gesê hy, Giuliana en Delphine gaan beslis weer probeer om klein Duke met ’n boetie of sussie te verras.

Nóg oor miskrame op SARIE.com