FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

Hartseer nuus – Afrikaanse aktrise Joey de Koker oorlede

Aktrise Joey de Koker, bekend vir haar rolle in Nag van die 19de (1991), Back to Freedom (1988) en Die wit sluier (1973) is gisteraand in die ouderdom van 82 in die Paarl oorlede.

Die tehuis waar sy gewoon het, het dié nuus bekend gemaak.

Huis Vergenoegd neem met groot deernis afskeid van ons ikoon toneelspeler JOEY DE KOKER wat gisteraand in die Mediclinic Paarl oorlede is. Ons sal haar wonderlike humorsin, pragtige geartikuleerde spraak nog vir lank onthou, asook die waardigheid waarmee sy ouderdom hanteer het.

Bekendes soos Simon Rademan en Amanda Strydom het hul medelye op sosiale media betoon.

Joey is in die Paarl gebore en het aan La Rochelle gematrikuleer. Sy het ’n graad in Maatskaplike werk aan die Universitiet van Stellenbosch behaal. Daarna kry sy ’n lisensiaat in vertolkingkuns aan die Trinity College in Londen en begin haar professionele loopbaan in 1953, volgens La Rochelle se webblad.

Sy het klas gegee, radiowerk gedoen en as aktrise én regisseur op die kassie en op die verhoog gewerk. Sy was drie maal getroud en het ’n dogter, Grethe Brazelle, wat ook ’n aktrise is en ’n seun, Trajan Grobler.

FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

FOTO: Twitter

FOTO: Twitter

Bron: La Rochelle