FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

HARTSEER NUUS: Akteur en skrywer Christo Gerlach oorlede

Christo Gerlach wat bekend is vir sy rol in Vyfster en ook later as regisseur en vervaardiger van televisieprogramme soos Glitterati en Tonge Los, is oorlede ná hy septisemie opgedoen het toe hy in die hospitaal was vir ’n mantevliesbreuk-operasie.

Die Facebook-ondersteuningsgroep Vriende van Christo Gerlach het vanoggend die volgende gedeel:

Ons liewe vriend het gaan rus. Respekteer asb sy familie en naaste in hierdie ongelooflike seer tyd. Mag ek vra dat ons sal wag met oproepe totdat sy familie uitreik en die ergste seer en skok verwerk. Christo – ons was en is almal lief vir jou. Rus sag my vriend.

Ons innige meegeval aan Christo se familie en vriende.

In 2012 het Christo openhartig met SARIE se boekeredakteur Phyllis Green oor sy boek, Agter die Skerms, wat sy lewensverhaal vertel, gesels.

Lees dié onderhoud HIER.