FOTO: Twitter

FOTO: Twitter

Het jy gehoor?

HARTSEER NUUS: All Black-legende Jonah Lomu oorlede

Die All Black-rugbylegende Jonah Lomu is in die ouderdom van 40 oorlede.

Jonah het aan die seldsame niersiekte Nefrotiese sindroom gely. Hy het ’n nieroorplanting in 2004 ondergaan, maar sy liggaam het dié nier later verwerp. Hy moes vir die afgelope 10 jaar dialise ondergaan.

Dié sindroom beteken gewoonlik dat ’n persoon se proteïenvlak in die urine hoog is, terwyl die proteïenvlak in die bloed laag is.

Die oorsaak van sy dood is nog onbekend, volgens The Guardian.

Lomu het 63 toetse vir Nieu-Seeland gespeel. Wie kan vergeet watter nagmerrie hy vir talle spanne in die 1995-Wêreldrugbybeker in Suid-Afrika was.

Jonah word oorleef deur sy vrou, Nadene Quirk en sy kinders, Brayley (6) en Dhyreille (5).

Hy het in ’n onderhoud in Augustus vanjaar met Mail on Sunday gesê hy veg vir sy lewe en wil graag sy kinders se 21ste verjaarsdae sien.

FOTO:  NZ Herald

FOTO: NZ Herald

Bronne: The Guardian en Mail on Sunday