Bouwer en sy pa, Pierre FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

Hartseer nuus: Bouwer Bosch se pa oorlede

Die sanger en akteur Bouwer Bosch se pa, Pierre, is oorlede.

Bouwer het twee jaar gelede ’n liedjie oor sy pa se stryd met kolonkanker geskryf. In dié lied, “(K)anker”, sing hy: “Dit voel onregverdig maar wie’s ek om dit te sê … dis genade wat ek hier wil hê.”

Bouwer het aan LitNet oor dié lied gesê:

Ek voel ek verdien dit nie of my pa verdien dit nie, maar then again voel ek ook ek verdien nie die sukses wat ek al behaal het nie. Die ding van genade is dat mens dit nooit sal verstaan nie. Die tricky ding van om ‘n familielied te hê wat kanker het, is om nie te leef asof dit die einde is nie … my ma of broer of sus kan môre in ‘n motorongeluk sterf, so dit gaan maar oor fokus en om “small victories” te vier.

Ons innige simpatie en meegevoel gaan uit aan Bouwer en sy gesin.

Bouwer en sy pa, Pierre FOTO: Facebook

Bouwer en sy pa, Pierre
FOTO: Facebook

Bouwer en sy pa in 2013 FOTO: Instagram  @bouwerbosch

Bouwer en sy pa in 2013
FOTO: Instagram @bouwerbosch

Die lied, “(K)anker”, wat Bouwer oor sy pa se stryd met kolonkanker geskryf het.

Lees ook