FOTO: Instagram @joanrivers

Het jy gehoor?

HARTSEER NUUS: Joan Rivers oorlede

Ná ’n week in die hospitaal het die aktrise, komediant en TV-aanbieder Joan Rivers in die ouderdom van 81 gesterf, het haar dogter Donderdag bevestig. 

Haar dogter, Melissa, het in ’n verklaring gesê dat Joan omring was deur familie en vriende toe sy oorlede is. Sy het omstreeks 13:17 (Amerikaanse tyd) gesterf.

Joan het verlede Donderdag ophou asemhaal tydens ’n operasie aan haar stembande.

Die familie was tot gister nog positief dat Joan sou herstel.

Joan het reeds in die 1960’s begin naam maak as ’n komediant wat nie terugstaan vir enige man in dié oorwegend manlik-gedomineerde wêreld nie. Sy was ook nie skaam om te erken dat sy plastiese snykunde gehad het nie. Inteendeel, sy was die een wat met haarself gespot het.

FOTO: Instagram  @joanrivers

FOTO: Instagram @joanrivers

Sy het in die 1990’s vir die E!-netwerk begin werk as korrespondent op die rooi tapyt. Joan was veral bekend vir haar skerp tong op die program Fashion Police waar sy kommentaar op bekendes se klere-keuses gemaak het – op ’n komiese, en soms kras, wyse.

Joan Rivers (middel) op die stel van Fashion Police FOTO: Instagram @joanrivers

Joan en Melissa (46) het ook hul eie werklikheidsreeks, Joan & Melissa: Joan Knows Best? Dit gaan oor die ma-en-dogter-span wat onder een dak woon.

joan rivers

Die twee TV-persoonlikhede, komediante en besigheidsvroue het ook in hul jonger dae saam aan ’n speletjiesprogram deelgeneem. Só het hulle toe gelyk:

FOTO: Instagram  @joanrivers
FOTO: Instagram @joanrivers

Joan was twee keer getroud en het slegs een kind gehad, Melissa. Sy het in haar leeftyd 12 boeke geskryf waarvan sommige humoristies was, en ander outobiografies en selfhelp.

Bron: Hello!, Wall Street Journal, TV Week

Lees ook