Tinus Linee in Desember 2013 FOTO: Twitter @adenthomas

Het jy gehoor?

Hartseer nuus: Oud-rugbyspeler Tinus Linee oorlede

Die oud-Springboksenter Tinus Linee (45) is oorlede. Motorneuronsiekte (MNS) is in 2013 by Tinus gediagnoseer.

Joost van der Westhuizen het vanoggend dié hartseer nuus getwiet.

In April vanjaar het Die Burger berig dat sy spraak so erg aangetas was dat hy en sy vrou, Diana, deur middel van WhatsApp met mekaar moes gesels.

Hy was bed­lêend en moes deur ’n opgeleide verpleegster en fisioterapeut versorg word.

Tinus op sy verjaarsdag in Augustus:

Lees ook