robin williams
Het jy gehoor?

HARTSEER NUUS: Robin Williams oorlede

Die gewilde 63-jarige akteur en komediant Robin Williams is Maandag oorlede.

Die polisie het sy dood bevestig, maar die oorsaak is nog nie amptelik bekend nie. Dít word na verwagting vandag, 12 Augustus, tydens ’n persverklaring bekend gemaak. Dit wil voorkom of Robin se eie lewe geneem het. Hy is in sy huis in Tiburon, Kalifornië gevind.

Sy woordvoerder, Mara Buxbaum, het bevestig dat Robin ’n depressie-lyer was.

Robin is veral bekend vir sy rolle in Mrs. Doubtfire, Patch Adams, Dead Poets Society, Good Morning, Vietnam. Hy het ook ’n Oscar gewen vir sy spel in Good Will Hunting.

Ten tyde van sy dood was daar praatjies dat daar ’n tweede Mrs. Doubtfire-fliek gemaak gaan word. Hy het ook onlangs in die sitkom The Crazy Ones gespeel. Dié reeks het net een seisoen gehou.

Robin se gesin

Robin McLaurin Williams is in 1951 in Chicago gebore. Robin was net een van 20 studente wat in 1973 in die Juilliard-skool (’n gesogte insteliing vir die uitvoerende kunste) toegelaat is. Hy en die Superman-akteur Christopher Reeve was die enigste twee van dié groep wat in dié skool se gevorderde program ingesluit is.

Robin was drie keer getroud en het drie kinders. In 1978 het hy met Valerie Velardi getrou en hulle het saam ’n seun, Zachary. Die jaar nadat hy en Valerie skei, trou hy met Marsha Garces, wat Zachary se oppasser was. Uit dié huwelik word Zelda en Cody gebore.

Hy het in 2011 met Susan Schneider, ’n grafiese ontwerper, getrou. Sy het die volgende verklaring uitgereik:

“This morning, I lost my husband and my best friend, while the world lost one of its most beloved artists and beautiful human beings. I am utterly heartbroken. On behalf of Robin’s family, we are asking for privacy during our time of profound grief. As he is remembered, it is our hope that the focus will not be on Robin’s death but on the countless moments of joy and laughter he gave to millions.”

Sy dogter Zelda het dít vandag (12 Augustus) op Instagram gesit:

 

Hierdie foto van Robin en Zelda, toe sy ‘n peuter was, was die laaste foto wat hy op sy Instagram-blad gedeel het:

Alkohol

Robin het ’n openbare stryd teen alkoholisme gehad. Hy het in 2006, nadat hy 20 jaar skoon was, weer na ’n rehabilitasie-sentrum gegaan.

Hy het in ’n onderhoud met The Guardian openhartig oor sy dwelm en alkohol-verslawing gepraat.

Hy was verlede maand weer deel van ’n rehabilitasie-program.

Bronne: Huffington Post, Marin County Sheriff’s Office, The Guardian,Wikipedia

Robin se bekendste films – watter een is jou gunsteling?

229b52218a499eaa4d3a88c7f79950d9_pt_xl-1
81002c60b7d9c7049b13fbd0cf472d98fe5a2dfe Dead_poets_society Flubber Good-Morning-Vietnam-robin-williams-25340599-2348-1599 happy_feet hook images-1 images-2 images large_sdnq7Kwti0XLev71rjWYKCEIvvO movieposter-1 movieposter MPW-21617 Mrs_Doubtfire