FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

HARTSEER NUUS: Stigter van Annique-reeks, dr. Annique Theron, sterf

Die moeder van rooibos, dr. Annique Theron, is in die ouderdom van 87 oorlede. 

Die velsorgmaatskappy Annique het dié hartseer nuus op sy Facebook-blad gedeel.

Nadat dr. Annique Theron gesien het hoe rooibos haar babadogtertjie se koliek en slapeloosheid verbeter het, is rooibos in 1968 plaaslik in skoonheid begin gebruik. Sy het meer navorsing oor rooibostee gedoen en gevind dat dit oor wonderlike anti-allergiese en antibakteriese eienskappe beskik. Vandag word dié velsorgreeks wêreldwyd uitgevoer.

Sy het op ’n plaas in die destydse ou Transvaal grootgeword. Sy het van kleins af daarvan gedroom om ’n dokter te word en het op die ouderdom van 72 haar doktorsgraad in alternatiewe geneeskunde gekry.

Kyk die insetsel wat Carte Blanche destyds gedoen het

Die Annique-onderneming het in 1997 twee goue medaljes ontvang van die World Intellectual Property Organisation in Genève. Vir haar ontwikkeling van die Annique-produkte is dr. Theron toe ook aangewys as die organisasie se internasionale vroulike uitvinder van die jaar.

Lees nou