Leandie du Randt
FOTO: Instagram (@leandiedurandt)

Leandie du Randt FOTO: Instagram (@leandiedurandt)

Het jy gehoor?

Hartseer nuus vir Afrikaanse aktrise

Die aktrise Leandie du Randt het gister die hartseer nuus ontvang dat haar ma, Elmarie du Randt, ná ’n kort siekbed oorlede is.

Leandie, bekend vir haar rolle in Getroud met rugby en Die windpomp, het ’n ou foto van haar ma op Instagram gedeel.

“Sal jou vir ewig mis MAMS. Jy het geskitter. #RIP,” het sy by dié foto geskryf.

FOTO: Instagram (@leandiedurandt)

FOTO: Instagram (@leandiedurandt)

Elmarie en Leandie se pa, Neels, was in Desember 35 jaar getroud. Sy het dié foto op haar ouers se huweliksherdenking op Facebook gedeel en bygeskryf: “Julle liefde vir mekaar het ons nog altyd geïnspireer.”

Neels en Elmarie du Randt FOTO: Facebook

Neels en Elmarie du Randt
FOTO: Facebook

Die aktrise, wie se ouers in Johannesburg woon, is tans in die Wes-Kaap waar sy ’n nuwe fliek, Strikdas, skiet. Ons innige simpatie en meegevoel gaan uit aan Leandie en haar gesin.