FOTO: Instagram  @karlienvanjaarsveld

FOTO: Instagram @karlienvanjaarsveld

Het jy gehoor?

Hartseer nuus vir Karlien en Derick Hougaard

Karlien en Derick Hougaard het gister slegte nuus gekry: Karlien het op 19 weke hul babatjie verloor.

Sy verduidelik op Facebook:

15 Januarie 2015 sal my vir altyd bybly. Dis die dag wat ek ons dogtertjie verloor het op 19 weke. Die eerste keer toe ek God vra oor haar naam sê Hy ek moet gaan op haar hartklop. Die eerste hartklop wat ons van haar gekry het op die sonar was 174. Vir ‘n lang tyd kon ek nie die betekenis van 174 kry nie en ek het die getal opgebreek in 100, 70 en 4 en die betekenisse daarvoor gaan soek. Alles het op dieselfde neergekom, Spiritual completeness, fullfilment of a promise, ‘n belofte wat ‘fullfil’ word. So het ek bly journey met God oor haar naam. Ek het nooit die naam van daai betekenisse gekry nie, met die rede dat dit slegs deel was van haar roeping, om iets in ons te kom heel maak en te ‘complete’ ‘n deel van haar wat ek moes verstaan. Ek het konstant kind van versoening gekry by die Here.

4 dae terug kry ek vir die eerste keer die betekenis van die getal 174, dit beteken ‘innocent death’ my hart was baie seer en ek het by God begin pleit vir genade oor ons baba dogtertjie. ń Dag later het ek begin bloei en is ek in die hospitaal opneem met ‘n redelike hoë infeksie merker. Ek is ‘n dag later ontslaan, maar die middag by die huis kon ek voel ek kry kontraksies. Ek het by die huis geslaap en 6 uur wakker geword met baie bloeding, ek het my man geroep en gevra of hy my hospitaal toe sal vat. Hulle het my dadelik opgeneem en medikasie gegee om die kontraksies onder beheer te kry. Na ‘n ruk was die kontraksies onder beheer. My ma en pa het kom kuier en ons het almal weer rustiger geraak en lekker gesels en saam gebid. Toe sê ek vir Derick om die suster te roep ek dink my water het gebreek. Hy het my baie deurmekaar aangekyk maar haar gaan roep. Dit was toe so en al wat sy sê is hoe jammer sy is. Dit voel soos ‘n fliek. Ons is almal in trane. Die dr kom sien my en verduidelik ons als… Dit klink onwerklik en of alles net iewers ok sal raak.. Maar die infeksie is in my baarmoeder in en ek staan die kans om my uterus te verloor en selfs my lewe. Dr Grassie sê 1 in ‘n 100 vrouens kry die infeksie en jy weet nie dat jy dit het tot jy swanger is nie. Ek het al my vrugwater verloor en ek was 10 cm ontsluit, maar ons het bly bid, bly glo dat Evah sal lewe. Ek vra toe dat hulle nog bloedtoetse doen enige iets dat ons alle uitwegte moontlik probeer om haar lewe te red. Ons het so gebid dat my bekkenbene weer toegemaak het tot op 1 cm, die dr sê sy het nog nooit so iets gesien het dis haar eerste keer. Ons almal was so vas oortuig dat God haar lewe sal red. Maar my infeksietelling het net opgegaan, waar hy 5 moes wees is hy 137. My dr het begin bekommerd raak dat ek my lewe in gevaar stel. Ons het nog ‘n sonar gedoen maar geen vrugwater was oor nie. Die babatjie het kleiner geword in die 2 dae omdat sy niks vrugwater het om in te beweeg nie. Ons harte is gebreek maar God in Sy getrouheid aan wie Hy is, begin stadig maar seker vir ons oopbreek wat aan die gang is. Sy was presies 19 weke oud. 19 beteken Worship. God het haar ‘n keuse gegee om vlees te word en hier te lewe of om na Hom te kom en deel te vorm van die wolk van getuies wat ons aanmoedig op aarde om in ons roepings te beweeg. 19 is toe ook die getal wat beteken Eve ‘lewe’… Presies wat ons haar genoem het. Sy het haar roeping reeds volbring. Onskuldige bloed bedek baie sonde, soos die getal 174 beteken ‘innocent death’. Dit laat my ook meer verstaan oor hoe God Sy onskuldige seun opgeoffer het vir ‘n vuil, sondige wêreld. En ons op aarde het nog ‘n pad om te stap wat sy in 19 weke klaar gemaak het. Sys ‘n worshiper. Sy het God gekies. Ek prys God deur ons seer om te sien dat Hy heeltyd teenwoordig is en was en sal wees. So weet ek ook nou verseker dat kinders net aan ons geleen is. Evah was baie klein maar perfek gevorm. Ons sal jou vir altyd lief hê pop, en jou altyd eer dat jy God kies bo alles. Gister was die slegste dag van my lewe, maar Vader dankie dat ek haar 19 weke kon dra, dit was ‘n voorreg. U naam alle eer.
-Mamma-

FOTO: Instagram  @karlienvanjaarsveld

FOTO: Instagram @karlienvanjaarsveld

Derick se reaksie:

Ek wonder of my hart al so seer was. Of ek al ooit so baie gehuil het? Nie eers die dag toe my liggaam ingegee het en ek so graag nog baie in sport wou bereik het ek hierdie onsettende diep seer gevoel nie… My mooiste dogter Evah. Pappa gaan jou nie eers kan vashou of dankie se nie.

Want jy het jou roeping op aarde kom voltooi in 19 weke. Waar Pa al sukkel vir 32 jaar.

Jy het alles sleg in my kom verander my harde kant sag kom maak. Ek en jou Ma is nader aanmekaar. Jy met jou naam wat lewe beteken het vrede gebring. En alles herstel waaroor ons getwyfel het as mense.

En Liefie, Pa moet hierdie se jou Ma was n masjien en so braaf. Sy het 2 dae langer uit gehou as wat Dokters gesê het is moontlik. Om jou n kans te gee om te lewe. En haar eie lewe op die spel gesit. Ek kyk anders na Mamma en sal haar altyd respekteer vir dit. Sy het alles vir jou gegee.

Ek wou so graag n klein prinsessie he. En ek het jou gesien. Jy is perfek gewees. Handjies ,voetjies en jou lyfie. Ek kon jou soen. Enigste man wat ooit daai voorreg sal kan he. Ek het so lief vir jou geraak. Ek mis jou alklaar. Maar jy het Jesus gekies. En jou Pa is so trots.

Ek het Jesus gevra. Al vir solank nou al. Asb vervang my passie want ek wil weer lewe. Toe gee hy jou vir ons. En ek begin weer lewe. Ek wou my dogter trots maak op haar Pa. En he jy moet my kan terug lief he. Maar ons hemelse Vader het jou skoonbloed en siel nodig. Al maak dit seer. Toe ek met my hande in my hare by die hospitaal uitloop het die hardste donderweer blitse geslaan wat ek al gehoor het. Eers was ek magteloos in die reen, vol vrees. Tot ek besef het jy is nou deel van die wolk van getuies. Jy kyk na ons my engel. Ons sien jou eendag. Hoop Pappa en Mamma maak jou nogsteeds trots. Ons is almal kinders van God.

Bye my klein perfekte poppie!!!!
-Pappa-

Ons innige meegevoel aan Karlien en Derick.