FOTO: Twitter 
haydenpanettier

FOTO: Twitter haydenpanettier

Het jy gehoor?

Hayden Panettiere kry behandeling vir nageboortedepressie

Aktrise Hayden Panettiere word tans vir nageboortelike depressie behandel ná sy self om hulp gevra het, berig E! OnlineHaar verteenwoordiger het die nuus bevestig en gevra dat die media haar privaatheid respekteer.  

Volgens People het die 26-jarige blondine verlede maand op die geselsprogram Live! with Kelly and Michael verskyn en gesê ervarings van nageboortelike depressie verskil van vrou tot vrou. Sy het mense aangemoedig om oor die kwessie te praat en hulle verseker dat daar lig aan die einde van die tonnel is.

Sy het bygevoeg dat baie mense oningelig is oor die erns van dié probleem en dat dit belangrik is om vroue te ondersteun.

Hayden en haar verloofde, die 39-jarige bokser Wladimir Klitschko, het hul dogtertjie, Kaya Evdokia, in Desember 2014 verwelkom. Sy wil graag nog kinders hê.

Bronne: E! Online en People

HOE WEET JY DAT JY AAN POSTNATALE DEPRESSIE LY?

As jy ná die geboorte van jou baba ’n hele paar van die volgende simptome het, is dit raadsaam om jou ginekoloog en/of psigiater te raadpleeg. Dit is bloot riglyne.

Jy voel onder meer 

  • Afgestomp en verwyderd van jou baba.
  • Langer as sowat tien dae huilerig, hartseer en “af”.
  • Selfbeeldloos.
  • Asosiaal en nie lus is om mense te sien nie.
  • Obsessief oor hoeveel slaap jy nie kry nie.
  • Vergeetagtig en verloor dinge.
  • Nie geesdriftig oor enigiets nie en kan niks geniet nie.
  • Skuldig oor jou gevoelens as nuwe ma – jy het gedink jy sou heeltemal anders voel.
  • Nie lus om jouself te versorg nie.
  • Nie lus om vir enigiets te lag nie.
  • Altyd bekommerd dat daar iets fout is met die baba, selfs al verseker almal jou alles is oukei.
  • Asof jy alle begrip van tyd verloor het.
  • Jy wil die baba en jouself beseer.
  • Jy het geen belangstelling in die wêreld nie en jou energievlakke is altyd laag.

Dié inligting kom uit die Julie-uitgawe en is nie meer op die rak nie, maar jy kan dit steeds digitaal aflaai – klik HIER.

Lees ook 

ZZZ

Lees HIER meer oor #StrongerTogether