Heidi Klum
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Heidi Klum FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Heidi Klum en Suid-Afrikaner se paaie skei

Die 40-jarige Heidi Klum is weer enkellopend nadat sy en die Suid-Afrikaner Martin Kirsten vir ’n jaar en ’n half ’n paartjie was, berig People.

Martin was Heidi se lyfwag, maar dié twee het begin uitgaan net maande ná Heidi se egskeiding van die sanger Seal. Dit het gelyk of dié liefde behoorlik geblom het. Martin het ook baie goed oor die weg gekom met Heidi se kinders, Leni, Henry, Johan, en Lou, en was gereeld langs die sportveld om hulle te ondersteun.

Die paartjie gaan nou ook hul professionele verhouding beëindig.

’n Bron het aan dié tydskrif gesê hulle is as vriende uitmekaar. “Martin was daar vir Heidi tydens ’n moeilike tyd in haar lewe en dit is iets waarvoor sy baie dankbaar is … Die lewe gaan oor tydsberekening. Hulle was goed vir mekaar, maar hulle beweeg nou aan.”

Bron: People