Heidi Klum
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Heidi Klum FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Heidi Klum sonder grimering

Dié supermodel en ma van vier het ’n selfie op Instagram gedeel van haar sonder ‘n titsel grimering. Dit is geneem voordat haar grimering professioneel gedoen is vir ’n fotosessie, berig Elle.com.

Heidi is beeldskoon, met of sonder grimering. Ons kan byna nie glo sy is 41 jaar oud nie!

before

A photo posted by Heidi Klum (@heidiklum) on

 

  • Belinda Nel

    Maar sy het dan reeds onderlaag aan? Die kontoerlyne wat gegrimeer is, is duidelik te sien op haar wange en voorkop en die “highlighter” onder haar oë. Of is dit ‘n filter/setting wat gebruik is? Jammer, maar ek glo nie dat ‘n 41-jarige vrou wat lief daarvoor is om in die son te wees (haar talle strandfoto’s oor die jare getuig daarvan) het nie eers een ou klein pigmentasie vlekkie nie??? Maar sy bly steeds ‘n mooi vrou. Wens net hul wil eerlik wees oor rêrig GEEN grimering.

    • Linda Felkel

      Ja natuurlik het sy grimering aan. Onderlaag en highlighter. En filter/setting help ook baie! ;-)
      Daar is werklik baie vrouens wat “al” oor die 40 is en nog baie jong lyk! Vandag se vrouens lyk op 50 en 60 en selfs met 70 jonger as wat hulle werklik is.
      Sy is mooi, geen twyfel.