heidi01_310w
Het jy gehoor?

Heidi Klum verwyder Seal-tatoeëermerk

Klum wat nou in ‘n verhouding met hul voormalige lyfwag, Suid-Afrikaner Martin Kirsten, is het dié tatoeëermerk in 2008 gekry. “Dit was ons 4de huweliks-seremonie en ons wou ons name saam getatoeëer hê,” het sy vertel. “Dit is Seal en ons drie kinders se name – hul voorletters in drie sterre,” het sy gesê.

Nou, ná hul huwelik van 7 jaar, is Heidi besig om dit te verwyder. “Sy’t al ‘n paar behandelings ondergaan, maar die sterre met die kinders se voorletters op gaan bly,” het ‘n bron vertel.

Heidi het onlangs ‘n 40ste verjaardagpartytjie gehou – kyk die foto’s hier!