SKERMGREEP: YouTube

SKERMGREEP: YouTube

Het jy gehoor?

Heidi kom Oudtshoorn toe!

Wie sou ooit kon raai dat Heidi haar geliefde Alpe vir die Klein-Karoo sou verruil? Maar van 24 tot 30 Maart is sy by die 22ste KKNK op Oudtshoorn te sien. 

Die teks en die regie van die musiekblyspel word deur Francois Toerien behartig. En Mynie Grové het  spesiaal nuwe musiek vir dié produksie geskryf. Ons is veral opgewonde om die skreeusnaakse Tobie Cronjé as Juffrou Rottenmeier te sien! Met Karli Heine (as Heidi), Dawid Minnaar, Albert Maritz, Ilse Klink, Lynelle Kenned, Jill Middelkop, Dean Balie en Marlo Minnaar.

FOTO: KKNK

FOTO: KKNK

Toeka tot nou

Heidi se begin

Die Switserse skrywer Johanna Spyri het die eerste boek van die Heidi-reeks in 1881 gepubliseer. Sy het dié boek binne vier weke geskryf.

Op die silwerskerm

Heidi is al 20 keer vir die silwerskerm verfilm. Shirley Temple was die eerste kinderster wat die titelkarakter vertolk het. Dit was in 1937 vir ’n geruime tyd nommer een by die loket.

FOTO: Plakkaat

FOTO: Plakkaat

TV-reeks

In die 1980’s het die SAUK die kinderreeks Heidi, Girl of Alps oorgeklank. Die Laan se Annelisa Weiland (Hilda) was die stem agter Heidi. Talle kinders het vasgenael voor die kassie gesit. Carike Keuzenkamp het die temalied gesing.

FOTO: Heidi

SKERMGREEP: YouTube

Luister na die Duitse weergawe

Lees nou