Heino Schmitt
Het jy gehoor?

Heino Schmitt nou deel van ‘Pasella’-span

Heino Schmitt het dalk vir die Laan totsiens sê, maar hy is blykbaar nog lank nie klaar met die SAUK2-familie nie.

Die leefstylprogram Pasella het op sosiale media bekend gemaak dat Heino by hulle aangesluit het.

Heino het op 7de Laan in kykers se harte gekruip as Altus de Bruyn, maar ná 11 jaar het hy besluit om die sepie te verlaat. Pasella is wel nie ál waarmee Heino homself sal besig hou nie. Sy ware passie is funksionele kuns en hy het verlede jaar meer tyd daaraan begin bestee en vir homself en sy vriende ’n paar meubelstukke gemaak.

In SARIE se Maart 2016-uitgawe vertel Heino eksklusief hoekom hy die Laan verlaat het.

Sy pa, Otto, se dood was ’n katalisator vir sy besluit om meer tyd aan sy kuns te wy.

“Ek het baie introspeksie gedoen, vrae gevra oor die lewe, wat nou eintlik belangrik is. Die lewe is so kort, maar ons dink ons het baie tyd. Sê altyd eendag … eendag. Elke keer dat ek in Europa is, vra ek myself: wat doen jy met jou lewe? Die Europeërs het soveel mooi kuns, argitektuur. En ek? Ek skep niks.”

Vir die volledige onderhoud koop die nuutste uitgawe van SARIE.

FOTO: PHYLLIS GREEN

FOTO: PHYLLIS GREEN

Jy kan Heino se debuut as Pasella-aanbieder op Vrydag 11 Maart om 19:30 op SABC2 sien.

Lees ook: