Het jy gehoor?

Heinz en Aletté-Johanni Winckler se eersteling gebore

Geluk Heinz en Aletté-Johanni! Heinz het op sy Facebook-blad die aankondiging gemaak: “Very healthy and beautiful! Praise God!”

Lian is kort ná sy geboorte op ‘n glukose-drip geplaas om sy suikervlakke reg te kry. Vanoggend (Maandag 24 Mei) het Heinz laat weet dat sy suikervlakke reggestel is en dat borsvoeding glad verloop. Foto’s van die kleinding sal eers later bekendgestel word.

Verlede jaar het Aletté-Johanni op ses weke ‘n miskraam gehad, maar kort daarna was sy weer swanger. En vandag brand die vreugdevure hoog!

Gebruik die kommentaarboks hieronder as julle jul goeie wense vir hulle wil stuur. SARIE sal dit dan aan hulle oordra.

* Klik hier om te sien hoe Lian se kamer lyk en wat sy naam vir die Wincklers beteken.

  • Adeleen

    Baie geluk julle. Dit is darem so ‘n wonderlike ervaring om ‘n pappa en mamma te word. God is good.

  • Marinz

    Baie geluk ! Ja net jammer om te hoor Heinzi het sulke "tantrums" gegooi in die OliveDale Hospitaal oor die behandeling …was glo met niks tevrede nie ! Onthou Heinz die hange het ore ……

  • Al

    Ai, ja en hy gee voor dat hy so ‘n "humble witness" is – wys net – nogtans geluk met die "blessing" van ouerskap.

  • Zelda

    Wel, dalk was die diens by Olivedale nie so waffers nie! Baie geluk Heinz & Alette

  • mrs wendalls

    ag wat het nog nooit van die knaap gehou nie sal ook nie te windgat vir my hhy parkeer gereeld in [parking bays] vir gestremdes want dis te ver om te loop oulike vrou wat hy het ,,,,

  • OvgH2l zvktgxwxfstr, [url=http://qalhrvaloqlj.com/]qalhrvaloqlj[/url], [link=http://gixamawtgnpx.com/]gixamawtgnpx[/link], http://fgvfqyqibjtg.com/