FOTO: Charmaine Spangenberg Photography

Het jy gehoor?

Heinz en Aletté se baba Reuben is hier

Aletté en Heinz Winckler se derde seun, Reuben Jacques Winckler, is gister gebore. 

Heinz het die goeie nuus op sy Facebook– en Twitter-blaaie gedeel.

Aletté, wat vroeër die week nog saam met haar man in die musiekateljee gewerk het, is gistermiddag in die Stellenbosch Medi-Clinic opgeneem. So paar ure later is die paartjie se nuwe pienkvoet gebore. Heinz het al sy aanhangers op hoogte gehou deur sosiale media.

Volgens Aletté se Facebook gaan Reuben vandag al sy twee broers ontmoet. Sy het dié boodskap op haar Facebook-blad gedeel.

“Reuben Jacques Winckler is natuurlik gebore gisteraand:4,22kg en 52cm. Ons is geseënd en trots en sien baie uit dat hy sy boeties vandag ontmoet! Dankie vir almal van julle se ondersteuning- dis so wonderlik om na al hierdie geluidjies te luister en sy wange te soen!! Xx”

FOTO’S: Aletté se spesiale swangerskapsessie

Heinz en Aletté het vroeër vanjaar Kaap toe getrek saam met hul twee oudste seuns, Lian (3) en Simeon (1). Lees die twee hoofstukke wat Aletté oor die groot trek geskryf het hier.

Wens die paartjie geluk met hul babaseun deur kommentaar onderaan dié artikel te los of deel dit met ons op ons Facebook– of Twitter-blad!