Het jy gehoor?

Heinz en Aletté Winckler in Londen vir Chappie

Maandag het hulle visums gekry, Dinsdag was hulle op die vliegtuig en Woensdag het hulle die Suid-Afrikaans gebore regisseur Neill Blomkamp van Chappie, met onder meer Hugh Jackman in die hoofrol, in Londen ontmoet en die eerste screening van dié fliek gesien.

Neil Blomkamp is ook die skepper van District 9 en Elysium.

“Die Wincklers is gewoond aan warrelwind-reise. Ons is al weer Saterdag terug. Dit is Heinz se vierde keer in Londen en my derde. Dit is ons tweede keer saam in dié stad. Sy eerste keer was met World Idols,” vertel Aletté Winckler, stylkonsultant wat getroud is met die sanger, Heinz, opgewonde per Whatsapp-stemboodskap uit Londen. Hulle het drie seuns, Reuben (amper 1), Simeon (2) en Lian (4).

Heinz, Neill Blomkamp, Aletté

Heinz, Neill Blomkamp, Aletté

Dié egpaar het nog skaars geland by hul hotel Woensdag (“dit is eintlik ’n soort klub met ’n swembad op die dak!”) in ’n kunstenaarsbuurt van Londen, waar hulle doodmoeg beplan het om lekker te stort en uit te rus, toe hoor hulle die vervoer wag: hulle moet nou Chappie gaan kyk.

“Die verkeer in Londen is ongelooflik heavy. Ons het saam met agt lande se verteenwoordigers – hoofsaaklik bloggers en vloggers (video bloggers) - waarvan baie deur sowat 200 000 plus gevolg word, na die fliek gaan kyk.”

“Ek mag nog niks oor die fliek sê nie. En nee, Hugh Jackman, Die Antwoord of Sigorney Weaver wat onder andere daarin speel, was nie daar nie …”

“Dit is ’n baie groot voorreg om deur Sony Pictures Europe uitgevlieg te word vir só ’n geleentheid. Ek het glam-informeel aangetrek. Die middagete ná die vertoning was ongelooflik lekker.”

Screen Shot 2015-02-26 at 1.06.05 PM

Hulle het Woensdagaand ’n vervalle brouery besoek. Daar was darem ook tyd om op hul eie die stad te verken.

*Alle foto’s: Facebook

Blaai deur die galery vir nóg foto’s van die Wincklers se reise:

Kyk hier na die lokprent van Chappie