FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Helen Mirren se skoonheidsgeheim

Die Britse veteraan-aktrise Helen Mirren het onlangs haar skoonheidsgeheime met Redbook gedeel – en jy sal nie glo wie haar hare doen nie!

Die meeste Hollywood-sterre gaan gereeld vir haarbehandelings by duur salonne om hul kapsels altyd op hul beste te laat lyk, maar dít voel na te veel moeite vir dié 69-jarige aktrise.

Sy vertel aan Redbook om elke 6 weke haarkapper toe te gaan, voel vir haar soos harde werk, daarom gaan sy net so 1 maal per jaar. Die res van die tyd sny sy sommer self haar hare – en dikwels die oggend van ’n rooitapyt-geleentheid.

EE British Academy Film Awards 2014 - Red Carpet Arrivals

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Dié geen-fiemies-aktrise gebruik ook gesigprodukte wat sy by die plaaslike apteek kan aanskaf en steur haar nie veel aan duur behandelings nie.

Maar haar grootste skoonheidsgeheim verklap sy aan Redbook: Wees net jouself op die rooi tapyt. “Dit [die tyd op die rooi tapty] is ’n lawwe, fantastiese oomblik, maar dan is dit alles verby. Wat wonderlik is, is om nie meer senuagtig daaroor te wees nie – ek kan dit nou net geniet.”

Dalk goeie raad vir bruide ook! Lees meer oor troues op SARIE.com HIER.

Sy het twee jaar gelede aan The Mirror gesê sy skryf haar vietse lyf toe aan die Koninklike Kanadese Lugmag-oefeninge. Dié reeks oefeninge uit die 1950’s is aan die Kanadese Lugmaglede voorgeskryf – dit neem minder as 15 minute om te voltooi en jy hoef geen gereedskap te hê nie.

Sy glo ook in genoeg slaap. Lees HIER wat die effek van min slaap op jou gewig is.

Bronne: Redbook en The Mirror