Het jy gehoor?

Help Elvis Blue om skoolkinders te help

Jy kan nou ‘n verskil maak in ‘n kind van George – waar Elvis Blue oorspronklik vandaan kom – se lewe.

Hy is besig met ‘n projek, Back to School Blues, om kinders met skool- en ander opvoedkundige behoeftes te help.

“Ek doen hierdie projek  in samewerking met ‘n plaaslike koerant, Milk and honey, in die George area.
Die geld wat ingesamel word is ten bate van Life, die organisasies waar ek voor ek aan Idols deelgeneem het, kitaar lesse gegee het,” het Elvis aan sarie.com vertel.
Life fokus daarop om aan kinders in die arm gebiede van George se behoeftes te voorsien, soos skool-benodighede en kos.
Om ‘n sms te stuur en kinders te help om skool toe te gaan, is n klein dingetjie.
 

“Wie weet wat daai kind gaan wees een dag. Die kind word bevoordeel en ek word verander deur dié klein gebaar.” – Elvis Blue

Raak betrokke deur “love Elvis” na 37002 te SMS. (SMS’e kos R7,50.)

Met elke SMS wat jy stuur, vergroot jou kans om eksklusiewe Elvis Blue-pryse te wen.

Back to school blues

  • wolpabwdfmn

    Wh8CEv ldkfbuyiickn, [url=http://evobwwbzytbm.com/]evobwwbzytbm[/url], [link=http://evtxnkuytfka.com/]evtxnkuytfka[/link], http://zmsilpgouikm.com/