Het jy gehoor?

Help vir Hanna Grobler

“Hanna Charity, saam met van ons borge wat ons deur die jaar so getrou ondersteun het, hou ons jaarlikse Kersfees-uitreik op Sondag 2 Desember,” vertel Andrea Vermeulen, besturende direkteur van Hanna Charity. 

Hanna sê: “Elandspoort is ‘n groot behoeftige buurt net anderkant Danville en ons organisasie is baie aktief betrokke daar. Ons hou elke Saterdag sopkombuis en doen ook bemagtigingsprojekte en het  ‘n speelgroepie vir 40 kinders in die omgewing. Desembermaand is daar bitter min hulp vir hulle, en ons hou jaarliks ‘n groot Kerspartytjie net voor die meeste besighede sluit en die gemiddelde man op straat met vakansie gaan,” sê sy.

Wat hulle nog benodig:

  • 7 x 20 liter-emmers of -potte rys
  • 375 geskenke van R100 elk (vir kinders)
  • 372 familie-kospakkies teen R100 elk (al kan jy net 1 blikkie kos skenk)
  • 1 groot markiestent om koelte te verskaf.
  • ‘n koeldrank-borg
  • 500 x 500 ml-plastiekbakkies om bredie in te skep.
  • ballonne
[box:full:red:both

Hoe kan ek help?

Bel vir Andrea by 083 453 0478 of stuur ‘n e-pos na andrea@hannacharity.org
 
Hanna Charity is geregistreer as ‘n nie-winsgewende organisasie, met ‘n 18a sertifikaat.

PBO Nr.  930026831
NWO Registrasienommer  061-590-NPO
SARS belasting-verwysingsnommer: 9508/262/16/0

Bankbesonderhede
Bank: ABSA
Rekeningnaam: Hanna Charity and Empowerment Foundation
Rekeningtipe: Current
Rekeningnommer: 4074927773
Takkode: 632005

[/box]

  • Nicoline v.N.

    Dankie jou ou doring(ek bedoel rosie).Jy’s pragtig dat jy so omgee vir ons arm mensies.Mag Hy jou en Bok seen.

  • RINDI SCHEEPERS

    Jy is voorwaar n goeie voorbeeld vir ons almal. Maf jy spesiaal geseen word in jou eie lewe!

  • Monica

    Dankie Hanna vir julle liefde en bereidwilligheid om die armes te help. Mag God julle ryklik seen

  • LIANA

    Dit laat mens net weer besef dat daar baie mense is wat nie so bevoorreg is nie.
    Goeie werk Hanna!