Het jy gehoor?

Henré Pretorius is weer pa – kyk die foto’s!

Sy naam is Heath Herman Pretorius, en hy is na Henré se oorlede broer vernoem.

Henré, wat die rol van Reinhardt Bekker in die kykNET-reeks Getroud met rugby speel, is in die wolke! “Ons is baie bly dat hy gesond is. Hy is baie stiller en soeter as sy boetie wat nou twee is, so hopelik kry ons ‘n bietjie meer slaap,” het hy by navraag gesê.

Net ná die geboorte het Henré getwiet: “Ek het vergeet hoe ongelooflik die wonder van geboorte is. Ek word herinner aan die feit dat daar iets groter as ons is.”

 

Heath Herman Pretorius

  • Dorinda

    Baie Geluk Henre. Hy is pragtig.

  • Xram62

    Hoekom sê ‘n mens "baba ryker geword?" My ou, as jy die klere, kos, medisyne, speelgoed, skoolfonds en universiteitsgelde by mekaar tel wat jy vir die volgende 22 jaar gaan opdok, is jy nie "ryker" nie….Jy’s ‘n baba armer!!!

  • Marie

    Baie geluk met die nuweling,,,lyk soos klein poppie. Geniet hom terwyl hy so klein is want hulle raak so gou groot. Alles van die beste.

  • cisca

    Baie geluk Henre en Nadine. Hy lyk pragtig. Dankie vir die eer wat jul Herman aangedoen het. Hy sou baie trots gewees het. Mag hy n baie groot vreugde vir jul wees. Sterkte op die pad vorentoe.